From Wikipedia, the free encyclopedia
Stres is 'n groot alledaagse kwessie, maar nie alle mense is voldoende ingelig oor die erns van lang periodes van stres nie. Hulle is dalk ook nie ingelig oor al die doeltreffende maniere om stres te hanteer en onder beheer te hou nie. Baie mense is nog onverskillig oor die aaklige gevolge van stres of dit nou tydelike of permanente nagevolge is. Stres is ook 'n massiewe onderwerp en 'n teer saak om te bespreek. Dit is veral hartseer as dit in gedagte gehou word dat dit algemeen onder tieners en hoërskoolstudente is. Die meeste mense is nog onbewus van die oorsake en gevolge wanneer dit by stres kom. Min persone weet eintlik waaroor dit in diepte gaan, wat elke gedeelte daarvan behels en hoe dit die belangrike dele van jou liggaam kan beïnvloed.
Stres kan gedefinieer word as 'n geestes- en fisiologiese toestand wat veroorsaak word deur onbeskryflike moeilike situasies. Stres is deel van ons uiterse natuurlike manier as mens om te reageer in allerhande soorte situasies en om vrese en interne- en eksterne probleme te hanteer. Stres is deel van ons menswees en dit gebeur met elkeen van ons, alhoewel nie almal dit op dieselfde manier hanteer nie. Stres kan ervaar of ondervind word deur enigiets wat jou angstig, vreesbevange of kwaad maak en selfs situasies wat jou frustreer. Elke persoon se ervaring van, en uitkyk op, stres is anders en almal hanteer dus ook stres anders en op hulle eie manier; nie almal se stres is op dieselfde vlak nie.
Wanneer 'n hoërskoolstudent besig is met 'n eksamentydperk of 'n toespraak vir 'n gegewe skoolgeleentheid moet lewer, is stres die faktor wat hul adrenalien laat inskop en dit is ook wat jou op jou tone hou deur hierdie skoolsituasies. Stres gee die leerling energie en help hom/haar om goed onder druk te werk en take se sperdatums te haal of selfs vele ure se huiswerk af te handel.
Janine Roos, die direkteur van Stellenbosch Universiteit se sentrum vir psigiese gesondheidsinligting in die departement psigiatrie, het die volgende gesê: "Hoewel stres in een individu dalk nie ál hierdie areas in jou liggaam gelyk sal raak nie, kan dit een of meer negatief beïnvloed." Verwys na die volgende beeld aan die regterkant.
Die amigdala is 'n deel in die menslike brein waarheen daar inligting van verskillende soorte en tipes gestuur kan word. Dit is ook die gedeelte van die menslike brein waar klanke en beelde gesien en gehoor kan word en waar dit geïnterpreteer kan word. Vanaf die amigdala word daar ook vele seine gestuur na die hipotalamus, 'n deel van die mens se brein. Daar is ook 'n bestaande kommunikasietonnel wat koppel tussen die vele dele van jou liggaam en die hipotalamus, die deel van jou brein wat in werking tree as gevolg van die mens se senuweestelsel. Ons is wel soms ook as mense heeltemal onbewus van so 'n groot proses soos hierdie en wat gebeur en aan die werk is omrede dit so vinnig in hierdie dele van die liggaam plaasvind.
In oomblikke van stres word 'n hele aantal hormone vrygestel. Onder hierdie hormone is bv. adrenalien en die streshormoon kortisol. Wanneer jy jouself in 'n situasie van vrees, noodgeval of gevaar bevind, word hierdie twee hormone terselfdertyd vrygestel en word hul geaktiveer. Hierdie is ook die hormone wat jou help om in aksie te kom en jouself te beskerm teen enige skade of seerkry en dit is die hormone wat jou help om die situasie op die beste en veiligste manier te hanteer. Die hormoon bekend as adrenalien is 'n hormoon wat jou algemene bloedvloei en stimulering van jou hart op 'n positiewe wyse affekteer. Hierdie hormoon kan ook veroorsaak dat bloedglukosevlakke en jou bloeddruk verhoog en dat jou normale asemhalingstempo versnel. Jou hart vind 'n manier om stres op 'n goeie wyse te hanteer en onder beheer te hou, maar indien die tydperk van stres te lank duur kan dit jou hart ook negatief beïnvloed en jou hart aantas en selfs ook jou bloeddrukvlakke verhoog. Gebrokehartsindroom is 'n geestestoestand wat ook met stres verband hou. Dit word ook na verwys as streskardiomiopatie of takotsubo-kardiomiopatie in die mediese wetenskappe.
"’n Takotsubo is ’n pot waarmee die Japanners seekatte vang. ’n Japannese kardioloog het dié toestand die eerste keer in 1990 waargeneem. ’n Deel van die pasiënt se hart – die linkerventrikel (die hart se hoofpompkamer) – het met elke hartslag soos ’n ballon opgeblaas. Dit het hom aan die vorm van so ’n pot herinner." - Janine Roos op netwerk24 artikel.
'n Toestand bekend as gebrokehartsindroom is 'n kondisie wat baie skaars voorkom en hou direk verband met hoë stresvlakke. 'n Senior kardioloog uit die kardiologie-eenheid, Dr Hellmuth Weich van Tygerberg hospitaal asook die Universiteit van Stellenbosch het vroeër gesê hierdie seldsame toestand het nie enige gespesialiseerde medikasie nie, maar het goeie behandelings vir die simptome daarvan. Alhoewel gebrokehartsindroom voorheen die lewe geneem het van die beroemde SAUK-joernalis Suna Venter, oorkom 'n groter persentasie mense hierdie kondisie. Om te sterf hieraan is bitter skaars afhangende van hoe intens hierdie kondisie jou as mens affekteer.
Sielkundige chroniese stres kan regtig fisies en liggaamlik 'n tol op jou liggaam eis. Dit beïnvloed die verantwoordelikheid van die immuniteitstelsel om inflammasie onder beheer te hou en te onderdruk en so vererger of ontwikkel siektes as gevolg van die stres. Inflammasie word gedeeltelik gereguleer deur die streshormoon kortisol en sodra hierdie hormoon nie sy funksie kan voltooi nie raak dinge buite beheer. Wanneer stres lang tye duur belemmer dit die effektiwiteit van die streshormoon kortisol. Immuniteitselle word veel minder sensitief daarvoor en inflammasie is dus dan nie meer in bedwang nie. Stres kan tot outo-immuniteitsiektes soos psoriase en Crohn se siekte (rumatoïede artritis) asook lupus eritematose bydra.
'n Oorweldigende hoeveelheid stres kan tot woede, aggressie en menige vorms van gevaarlike depressie lei of reeds ontwikkelde depressie vererger asook angs, hoofpyn en paniekaanvalle veroorsaak. 'n Mens kan selfs bang, bedroewig, huilerig of gefrustreerd en geïrriteerd voel as gevolg van stres en al hierdie emosies kan gesamentlik inwerk en jou selfs nog ellendiger laat voel. Stres knaag aan almal of dit nou fisies of emosioneel is, elke persoon en elkeen se liggaam ervaar dit anders en reageer anders daarop omdat jou persoonlike situasies, omgewing en persoonlikheid nie dieselfde as al die ander mense s'n is nie.
Die mens se spysverteringstelsels ontstaan deur 'n noue verbinding met die brein te hê. Dit is algemeen vir party mense wat stres of onder druk is om maagpyn, refluks en diarree te hê. Party het 'n neiging om meer te wil eet wanneer hulle angstig is veral tydens die eksamen reeks, hierdie gebeurtenis word veroorsaak deur mens se aptyt wat toeneem. Vetsug kan dan moontlik ook hartsiektes veroorsaak asook verskillende soorte diabetes. Daar is 'n sterk vermoede dat die hoër vlakke van kortisol 'n invloed het op die vermeerdering van maagvet. Stres kan 'n mens se kanse van inflammasie in die kolon verhoog en selfs die ontwikkeling van geweldige maagsere veroorsaak.
Stres kan 'n uiterse groot impak op jou vel hê, veral as 'n tiener of hoërskoolstudent as gevolg van hormone en stres in daardie tydperk van die jongmenslewe.
Stres kan veltoestande soos ’n uitslag, aknee, koorsblare, ekseem of psoriase vererger. Daarom moet stres in 'n jongmens se lewe onder beheer gehou word om jou vel te beskerm en letsels te vermy as gevolg van aknee en enige uitslag wat mag gebeur as gevolg van stres.
Soms weet mense nie hoe om die stres te oorkom nie en dit lei hulle soms om oor te gaan tot ekstreme aksies soos die volgende: trigotillomanie haaruittrekkery wat 'n algemene gewoonte is wat deur stres veroorsaak word en mense geneig maak om alle hare regoor jou lyf uit te trek. Dit sal moontlik 'n geweldigde impak op die groei van jou haarstruktuur hê op 'n later stadium van jou lewe
Die tydperk van jou tienerjare is 'n fase wat met 'n groot hoeveelheid stres gepaard kan gaan. Tieners ondek hulself, vestig vriendskappe en word aan baie druk, stres en verwagtinge blootgestel. Hierdie tydperk veroorsaak baie stres en onsekerheid by tieners. Dit is noodsaaklik vir tieners om te leer hoe om stres te hanteer om sodoende in 'n volwassene te kan ontwikkel wat die druk en verwagtinge van die lewe verstaan. Tienerstres neem baie toe. As die volwassenes van môre moet ons ons tieners bemagtig om stres te hanteer en hulle ook van die gereedskap voorsien om stres te kan hanteer. Die tyd wat jy spandeer in jou tienerjare is 'n tyd van vele veranderinge. Tieners ontwikkel op 'n fisieke, hormonale en sielkundige vlak in hulle tienerjare. Tieners is nog onvolwasse, so hulle kan nog nie stres hanteer soos 'n volwassene nie. Juis hieroor kan 'n geringe terugslag vir 'n tiener soos 'n tragedie voel.
Positiewe stres kan wel 'n goeie ding wees want dit bou karakter en veerkragtigheid. Dit mag dalk byvoorbeeld 'n partytjie wees wat beplan word of 'n troue in die familie, in sulke gevalle kan kinders die stres hanteer omdat hulle in 'n goeie huishouding leef waar daar eerlikheid is en daar ook oor alles gepraat kan word. 'n Kind kan van die lewe leer deur hierdie tipe stres dus is dit positiewe stres. Die gewone stres of angsreaksie vind plaas waaneer die gewone hartklop versnel en n verandering in kortisolvlakke plaasvind. Ons het almal 'n mate van stres nodig om optimaal te funksioneer in die lewe. Positiewe stres kan oo met energie en motivering help.
Hanteerbare stres is meer intens, maar kortstondig en kan gewoonlik oorkom word. Verandering in 'n familiestruktuur soos 'n dood of egskeiding kan 'n voorbeeld wees van hierdie soort stres. Sonder hulp kan hierdie tipe stres skadelik word.
Toksiese stres is ook bekend as langdurige stres en is gewoonlik meer intens as gewone tipes stres. Hierdie strestipe kan selfs jare lank duur. Hierdie stres kan selfs permanente skade aanrig aan 'n mens se gesondheid. Voorbeelde van hierdie tipe stres is mishandeling, verwaarlosing, geweld en baie slegte sosio-ekonomiese omstandighede soos armoede, dwelmmisbruik en ook alkoholisme en rassisme. Hierdie tipe chroniese stres mag dalk verskeie gesondheidskwessies veroorsaak, want hierdie tipe stres takel die liggaam af. Toksiese stres is totaal-en-al oorweldigend en meeste van die kere meng dit met 'n tiener se algehele funksionering in.
Daar is baie algemene redes vir stres. Hieronder is 'n paar om te oorweeg. Spesifiek op hoërskool is daar talle oorsake van stres, selfs oorsake waaraan nie almal dink nie.
Die mees algemene oorsake van stres by hoërskoolleerders kan om menige redes gebeur soos die volgende wat gelys word:
Ongeveer 45% van hoërskoolleerlinge rapporteer dat hulle daagliks baie stres ervaar, en 83% van hulle noem skool as 'n hoofrede daarvoor. Meer as 27% leerders beleef uiterste vlakke van stres gedurende die akademiese jaar, terwyl 30% van die leerders die bestuur van hul stres as uiters belangrik beskou, maar slegs 8% glo dat hulle dit doeltreffend doen.
'n Nuwe studie wat onlangs uitgevoer is deur Gitnux Market Data het bevind dat wanneer studente 'n akademiese terugslag soos 'n swak toets of swak punte ervaar, die hoeveelheid kortisol, die sogenaamde streshormoon in 'n mens se liggaam, tipies baie styg. Vir die meeste studente daal dit 'n dag later weer terug na hul normale vlakke, maar vir sommige studente bly dit steeds baie hoog. Hierdie studente bly gefikseerd op die terugslag en sukkel om vorentoe te beweeg daarna wat nie baie goed is vir daardie leerder se algemene gesondheid nie.
Daar is baie simptome veroorsaak deur stres wat baie mense nie eers geweet het nie. Simptome van stres is beide fisiologies en verstandelik. Die mees algemene simptome van stres wat in hoërskoolleerders voorkom is:
Om 'n joernaal te hou kan help om jou buie dop te hou en dit wat jou prikkel te identifiseer en 'n eerlike oorsig te he oor hoe jy voel en waaroor jy stres. En dit kan ook iets wees waarna jy kan terugkyk en identifiseer hoekom jy stres. 'n Joernaal kan jou ook help om jouself beter te leer ken en oplosssings te vind tot jou stres.
Hier is 'n skakel oor hoe om 'n joernaal te begin:
https://www.youtube.com/watch?v=5DqXHg52H1g
Oefening verhoog jou algemene gesondheid (liggaamlik en geestelik) en jou gevoel van welstand, wat elke dag 'n huppel in jou stap sal plaas. Oefening het ook 'n paar direkte voordele wat stres teenwerk, soos dit pomp jou endorfiene op. Fisiese aktiwiteit kan help om die produksie van jou brein se goedvoel-neuro-oordragstowwe, genaamd endorfiene, te verhoog. As jy gelukkig voel, verminder dit die stres vlakke in jou liggaam. Om 'n sport te speel kan goeie oefening wees, en om 'n stappie te vat in die park en selfs dans kan 'n goeie oefening wees.
Hier is 'n paar skakels van maklike by die huis oefeninge wat goed is vir die liggaam en stresvermindering:
https://www.youtube.com/watch?v=cbKkB3POqaY
https://www.youtube.com/watch?v=Z7QGF4l9buc
https://www.youtube.com/watch?v=Spc5yl47h1Y
'n Gebalanseerde dieet kan 'n mens se immunstelsel versterk en alle selle wat beskadig is weer herstel om normaal te funksioneer. Al die ekstra energie wat benodig is, word dus verskaf om stresvolle gebeure te hanteer vir 'n mens. Vroeë navorsing dui daarop dat sekere kosse soos poli-onversadigde vette insluitend omega-3-vette en meeste groente kan hulp om kortisolvlakke in die mens se liggaam te reguleer. Daar is 'n goeie en slegte kant aan alles maar mens moet 'n gesonde eetplan volg sonder om obsessief te raak daaroor en die nagevolge in die gesig te staar.
Hier is 'n skakel wat toon hoe goed gesonde eetgewoontes is:
https://www.youtube.com/watch?v=Gmh_xMMJ2Pw
Hier is ook 'n skakel om die gevaar van 'n kos-obsessie te wys:
https://www.youtube.com/watch?v=6S1FS9OO11E
Slaap is 'n goeie en kragtige stresverminderaar. Om 'n gereelde slaaproetine te volg, kalmeer en herstel die liggaam, verbeter konsentrasie, reguleer jou buie en verskerp oordeel en besluitneming. Jy is 'n beter probleemoplosser en is beter in staat om stres te hanteer wanneer jy goed uitgerus is.
Vir meer inligting volg die skakel:
https://www.youtube.com/watch?v=fk-_SwHhLLc
'n Goeie idee is om 'n slaapmusiek-speellys te hê. Voorstelle kan op toepassings soos Apple Music of Spotify gevind word:
https://open.spotify.com/playlist/6X7wz4cCUBR6p68mzM7mZ4?si=67c471749ee24a92
Meditasie kan 'n diep toestand van ontspanning en 'n rustige gemoed veroorsaak. Tydens meditasie fokus jy jou aandag en skakel die stroom van deurmekaar gedagtes uit wat jou onder druk kan plaas en stres veroorsaak. Hierdie proses kan lei tot beide verbeterde fisiese en emosionele welstand.
Hier is 'n interaktiewe programe op Netflix wat op meditasie gebaseer is:
Nog 'n voorbeeld om te oorweeg, is 'n toepassing met die naam Headspace:
Hier is nog maklike maniere om te mediteer:
https://www.youtube.com/watch?v=U9YKY7fdwyg&t=7s
https://www.youtube.com/watch?v=KQOAVZew5l8&t=2s
Kafeïen en stres kan albei kortisolvlakke verhoog. Hoë hoeveelhede kafeïen kan lei tot die negatiewe gesondheidseffekte wat verband hou met langdurige verhoogde vlakke van kortisol (soos in chroniese stres).
Mense wat verbind voel, wat voel dat hulle met ander kan vereenselwig, en wat voel dat hulle verstaan word, voel dikwels dat hulle bekommernisse en stres beter kan hanteer. Kommunikasie is inderdaad 'n belangrike aspek van geestesgesondheid.
Prettige aktiwiteite bou selfvertroue en gevoelens van prestasie. Wanneer daar gekyk word na 'n pasiënt wat 'n kunsprojek voltooi of hoe 'n vriendskaplike sportwedstryd gewen word, kan mens die trots op ondersteuners se gesigte sien. Dit veroorsaak die vrystelling van en lei tot 'n algehele positiewe gevoel van welstand, wat help om stres te verlig.
Deur 'n plan te hê vir jou dag kan stres verminder word. Take wat prioriteit moet geniet, word geïdentifiseer en help mens om jou tyd te bestuur.
Hier is 6 redes waarom dit belangrik is om water te drink:
Die natuur kan 'n natuurlike geneesmiddel wees om stres te verminder en dit te hanteer, soos:
Baie mense leef in ontkenning en het 'n negatiewe konnotasie met professionele sielkundiges wanneer dit kom by geestesprobleme.
'n Goeie begin is om 'n algemene praktisyn te spreek. 'n Alternatief is om 'n skoolsielkundige te raadpleeg. Mens kan ook by jou kerk gaan aanklop vir hulp.
Die 4-7-8 asemhalings tegniek:
Stap 1:
Maak jou mond toe en asem in deur jou neus vir 4 – 8 tellings (jy kan dit tot 8 tellings verhoog soos wat jou longkapasiteit toeneem).
Stap 2:
Hou jou asem vir 7 tellings op.
Stap 3:
Asem baie stadig uit vir 8 tellings.
Stap 4:
Herhaal stappe 1-3 vier keer.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.