![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/1/14/Damier_du_Cap_-_Cape_Petrel.jpg/640px-Damier_du_Cap_-_Cape_Petrel.jpg&w=640&q=50)
Stormvoëlagtiges
From Wikipedia, the free encyclopedia
Stormvoëlagtiges, ook Buissnaweliges genoem, is 'n orde van voëls (klas Aves) wat sonder uitsondering op die ope oseaan voorkom. Die orde is geheel en al kosmopolities, en is dus oor alle wêreldseë versprei, maar bereik sy grootste diversiteit rondom Nieu-Seeland. Dit omvat 4 families, waarvan twee nie in die Noordelike Atlantiese Oseaan voorkom nie: die albatrosse (Diomedeidae) en die alkstormvoëltjies (Pelecanoididae).
Procellariiformes | |
---|---|
![]() | |
Daption capense | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | Procellariiformes Fürbringer, 1888[1] |
Families | |
†Diomedeoididae | |
Diversiteit | |
4 Families, 23 Genera, 125 Spesies |
Stormvoëls en hul verwante is egte seevoëls wat die meeste van die tyd bo of op die see deurbring en slegs land toe kom om te broei. Die meeste stormvoëls is sweefvlieërs en is daarom van die wind afhanklik.
Vir die ou seevaarders was die verskyning van stormvoëls 'n teken dat daar 'n storm aan die kom is, en dit is waar stormvoëls hul naam vandaan kry. Altesaam 4 families word onderskei. Die Stormvoëlagtiges (orde Procellariiformes) is volkome aan die see gebonde en kom slegs land toe om te broei of wanneer hulle deur storms van koers af gedryf word.
Hul bene is hol en oor die algemeen lig, die handskelet is relatief lank en ook die slagpenne is baie lank. Dit bring mee dat hulle goeie vlieërs is en dae lank in die lug kan deurbring. Die groot albatros het lang, smal vlerke en die vlerkwydte is ongeveer 3,3 m - die langste van enige voël ter wêreld. Sy liggaam is egter nie veel groter as die van 'n gans nie. 'n Besondere kenmerk van die stormvoëlagtiges is die buisvormige verlenging van die neusgate (neusbuis).
Die neusbuis verskil by die onderskeie groepe in vorm en lengte en die funksie daarvan is nie heeltemal duidelik nie. Die algemeen aanvaarde teorie is dat die neusbuis verhinder dat die versadigde soutoplossing wat, soos by alle seevoëls, deur die neuskliere afgeskei word, met die oë in aanraking kom. Nog 'n kenmerk van hierdie voëls is die olieagtige vloeistof wat deur die maag uitgeskei word en waarmee die kleintjies gevoer word.
Wanneer 'n mens of ʼn dier te naby die neste kom. Word hierdie vloeistof ook as 'n afskrikmiddel gebruik deur dit uit te spuug.