From Wikipedia, the free encyclopedia
Stephen Glenn "Steve" Martin (gebore op 14 Augustus 1945) is ’n Amerikaanse komediant, akteur, (draaiboek)skrywer, (rolprent)vervaardiger en musikant.
Steve Martin | |
Martin in April 2011. | |
Geboortenaam | Stephen Glenn Martin |
---|---|
Geboorte | 14 Augustus 1945 |
Beroep(e) | Akteur, komediant, vervaardiger, skrywer, en musikant |
Aktiewe jare | 1967-nou |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Martin het in die 1960's bekend geraak as ’n skrywer vir die Smothers Brothers Comedy Hour, en later as ’n gereelde gas op The Tonight Show. In die 1970's het hy as skerpskertser groot skares gelok. Sedert die 1980's het hy ’n suksesvolle akteur geword, sowel as skrywer, pianis en banjospeler, en hy het onder meer ’n Emmy, Grammy en American Comedy Award gewen.
In 2004 het Comedy Central[1] Martin sesde geplaas op sy lys van die 100 beste skerpskertsers. In 2014 het hy op die 86ste Oscar-toekenningsaand ’n ere-Oscar gewen.[2]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.