uitgestorwe bison From Wikipedia, the free encyclopedia
Die steppewisent of steppebison[1] is ’n uitgestorwe spesie van die bison wat in die Kwartêr dwarsoor Europa,[2] Sentraal-Asië,[3] die Beringlandbrug en Noord-Amerika[4] op die steppe voorgekom het.
Steppewisent Tydperk: Irvingtonium tot Holoseen 1.8–0.009 m. jaar gelede | ||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Ook bekend as: steppebison | ||||||||||||||||
"Blue Babe", ’n gemummifiseerde steppewisent van Alaska. | ||||||||||||||||
Wetenskaplike klassifikasie | ||||||||||||||||
| ||||||||||||||||
Binomiale naam | ||||||||||||||||
†Bison priscus Bojanus, 1827 | ||||||||||||||||
Dit het vermoedelik iewers in Suid-Asië ontstaan. Dit het in die vroeë Holoseen uitgesterf en is in Europa deur die moderne wisent vervang en in Amerika deur verskeie daaropvolgende spesies (eers Bison latifrons en later Bison antiquus) en eindelik die moderne bison.[5]
Die steppewisent was hoër as 2 meter by sy skouers en het soos die moderne spesies gelyk wat tot 900 kg kan weeg.[6] Die horings was sowat ’n halwe meter lank en die punte van die twee horings ’n meter uitmekaar.
Die steppewisent het in grottekeninge voorgekom, veral in die Altamira-grot en Lascaux.[5][7]
Blue Babe is die mummie van ’n 36 000 jaar oue mannetjie wat in Julie 1979 in Fairbanks, Alaska, ontdek is.[8] In 2011 is ’n 9 300 jaar oue mummie in Joekagir in Siberië ontdek.[9]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.