deel van 'n blom From Wikipedia, the free encyclopedia
Die stempel van ’n blomplant is deel van die voortplantingsorgane van die blom. Dit is die deel van die stamper wat stuifmeel opvang en dit is waar die stuifmeel ontkiem. Die stempel is dikwels taai en op verskeie maniere aangepas om die stuifmeel op te vang en te behou – soos met hare, lobbe, knoetse ens.[1]
Die stuifmeel word oorgedra deur die wind, insekte of ander diere of in seldsame gevalle water. Slegs ’n spesifieke kombinasie van stuifmeelkorrels en stempel lei tot bevrugting.
Stempels wissel in vorm van lank en slank tot rond en veeragtig.
Die blomstyl verbind die stempel met die vrugbeginsel. Style is altyd buisvormig – kort of lank – en kan oop of toe wees. Stuifmeelbuise groei deur die styl om die saadknoppies te bereik.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.