Stele van die Aasvoëls
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Stele van die Aasvoëls is ’n monument uit die Vroegdinastiese Tydperk III (2600-2350 v.C.) in Mesopotamië wat die oorwinning van die stadstaat Lagasj oor sy buurland, Umma, vier. Dit wys verskeie veldslae en godsdienstonele; dit is genoem na die aasvoëls wat in een van die tonele gesien kan word.
Kitsfeite
Stele van die Aasvoëls | ||
Die stele in die Louvre (voor- en agterkant). | ||
Beskrywing | ||
Materiaal | Kalksteen | |
Hoogte | 1,8 m | |
Breedte | 1,3 m | |
Skryfwerk | Sumeriese wigskrif | |
Geskep/ontstaan | Vroegdinastiese Tydperk III (2600-2350 v.C.) | |
Ontdekking | ||
Plek ontdek | Tello, Irak | |
Kultuur | Mesopotamies | |
Registrasie | CDLI P222399 | |
Identifikasie | AO 16 IO9, AO 50, AO 2246, AO 2348 | |
Tans in | Louvre |
Sluit
Die stele is oorspronklik uit ’n enkele stuk kalksteen gekerf, maar net sewe fragmente is vandag bekend. Die stukke is in die laat 19de eeu by Tello (antieke Girsu) in Suid-Irak ontdek en word nou in die Louvre vertoon. Dit is opgerig om die oorwinning van koning Eannatum van Lagasj te vier oor koning Ush van Umma.[1][2]