Palisades Tahoe, tot in 2021 Squaw Valley, is 'n ski-oord in die Olympic Valley (deelstaat Kalifornië, Verenigde State) en die plek waar die Olimpiese Winterspele 1960 gehou is.[2] In 2012 het dit met die nabygeleë Alpine Meadows saamgesluit en Squaw Valley Alpine Meadows gevorm om gesamentlike toegang aan te bied tot 6 200 akkers, 43 skilifte en meer as 270 skibane.[3] In 2021 is die naam amptelik verander in Palisades Tahoe, aangesien die woord "squaw" deur Indiane as rassisties en seksisties gekritiseer word.[4][5]

Thumb
Die dorp in Palisades Tahoe

Palisades Tahoe
Thumb

Kaart Wapen
Thumb
Thumb
Vlag
Thumb
 Land Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
 Deelstaat Kalifornië
 County Placer
 Koördinate 39°12′N 120°14′W
 Stigting 1949
 Oppervlakte:  
 - Totaal
 Hoogte bo seevlak
 Bevolking:  
 - Totaal (2016) 823[1]
 - Bevolkingsdigtheid
 Tydsone UTC -8 (PST)
 Somertyd UTC -7 (PDT)
 Amptelike webwerf palisadestahoe.com

Die skigebied van Palisades Tahoe is een van die mees gesofistikeerdes in die Verenigde State van Amerika en die tweede grootste in die Lake Tahoe-gebied na die Heavenly-ski-oord. Palisades Tahoe beskik oor hoogs moderne hoëspoed-ski-lifte asook die enigste Funitel in die land.

Vanweë Palisades Tahoe se gewildheid – die ski-oord lok jaarliks sowat 60 000 skitoeriste – word die naam van die skigebied intussen ook gebruik om na die hele Olympic Valley-gebied te verwys. Die ski-oord is in die Sierra Nevada-bergreeks geleë en strek oor ses pieke en 'n totale oppervlakte van 4 000 akkers of sestien vierkante kilometer. Die laagste punt lê 1 890 meter (6 200 voet) bo seevlak, terwyl die bergspits Granite Chief, die hoogste punt in die gebied, 2 760 meter (9 050 voet) rys.

Danksy die maritieme invloede word in Palisades Tahoe jaarlikse sneeuvalle van twaalf meter (veertig voet) of meer aangeteken. Die steil hellings en groot sneeudiepte maak van Palisades Tahoe 'n uiters geskikte bestemming vir bergskisport.

Geskiedenis

Thumb
'n Panoramiese uitsig oor die berggebied, met Lake Tahoe in die agtergrond
Thumb
Die Olimpiese ringe in Palisades Tahoe

Palisades Tahoe word sedert sy opening in 1949 by die voorste Amerikaanse bergskigebiede gereken. Die ski-oord staan dwarsdeur die jaar oop vir besoekers en bied winter- en somersportaktiwiteite soos ysskaats, perdery en tennis aan. Palisades Tahoe beskik oor swemgeriewe, 'n spa en 'n tennisbaan.

In 1942 het Wayne Poulsen, 'n voormalige skisportster van die Universiteit van Nevada in Reno 2 000 akkers (agt vierkante kilometer) se land in die huidige Olympic Valley van Southern Pacific Railroad gekoop. In 1946 het Poulsen vir Alexander Cushing, 'n advokaat met Harvard-opleiding, ontmoet wat oor die nodige politieke en sake-kontakte beskik het wat van die ski-oord 'n sukses sou maak.

Kort voor die opening in 1949 het hulle 'n meningverskil oor die toekoms van die ski-oord gehad. Cushing het uiteindelik die Squaw Valley Ski Corp beheer wat daarin geslaag het om die Olimpiese Winterspele van die jaar 1960 na Squaw Valley te bring en Lake Tahoe danksy sy visie vir die berggebied en vernuwings in die skibedryf tot 'n gewilde sportgebied omgeskep het. Tot met sy afsterwe was Cushing die stigter en voorsitter van Ski Corporation, die moedermaatskappy van die Squaw Valley-ski-oord. Cushing het Squaw Valley volgens die voorbeeld van Europese ski-oorde ontwikkel en swembaddens en akkommodasie vir toeriste eerder op die bergspits as by die voet van die berg laat bou asook die nuutste skilift-tegnologie na die Verenigde State van Amerika gebring.

Alhoewel die Olimpiese Winterspele 1960 feitlik reeds aan die Oostenrykse stad Innsbruck toegeken was, het Cushing met 'n skaalmodel van sy voorgestelde Olimpiese terrein na Parys gekom. Die ski-oord het destyds eers oor een skilift beskik, maar Cushing het die Internasionale Olimpiese Komitee nogtans oorreed om die Winterspele in Squaw Valley te hou. Die Winterspele in Squaw Valley was die eerste wat regstreeks deur televisie gedek en sodoende deur miljoene toeskouers gevolg is. Hulle het daarnaas die kollig op die Amerikaanse skibedryf laat val en verduidelik dat dit al 'n gehaltevlak kon lewer wat gelykgestaan het aan dié van Europese ski-oorde.

Naas sy sportgeriewe het Palisades Tahoe ook met sy internasionale skrywerskonferensie, wat jaarliks in Augustus gehou word, bekendheid verwerf. In die 1960's en 1970's het die Worldwide Church of God sy jaarlikse Tabernakelfees ("Feast of Tabernacles") in Palisades Tahoe se Blyth Arena gevier. Evangeliste soos Herbert W. Armstrong en Garner Ted Armstrong het tydens hierdie feeste verskeie kere toesprake gehou. Blyth Arena is intussen afgebreek. 'n Groot aantal somerkampe in die gebied word vanuit die Valley gereël.

Verwysings

Eksterne skakels

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.