Soöxantella
From Wikipedia, the free encyclopedia
Soöxantellas is enkelsellige dinoflagellate wat in simbiose met mariene ongewerweldes soos korale, jellievisse en seeanemone kan leef. Die meeste soöxantellas val in die genus Symbiodinium, maar sommige is van die genus Amphidinium en ander, nog ongeïdentifiseerde taksons kan soortgelyke endosimbiotiese neigings hê.[1] Die naam Zooxanthella vir 'n genus (Brandt 1881) word nie meer aanvaar nie.[2] In varswaterhabitats is soortgelyke endosimbionte bekend as soöchlorellas.[3]
Kitsfeite Symbiodinium, Wetenskaplike klassifikasie ...
Symbiodinium | |
---|---|
Deursnee van die mantelweefsel van ’n reusemossel wat die eensellige simbionte wys. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | Chromista |
Subkoninkryk: | Harosa |
Filum: | Myzozoa |
Infrafilum: | |
Orde: | Suessiales |
Familie: | Symbiodiniaceae |
Genus: | Symbiodinium |
Sluit