Sosiaal-Demokratiese Party
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Sosiaal-Demokratiese Party (Duits: Sozialdemokratische Partei Deutschlands, [zoˈtsi̯aːldemoˌkʁaːtɪʃə paʁˌtaɪ ˈdɔʏtʃlants]; SPD) is 'n sosiale-demokratiese party in Duitsland. Dit is een van die twee groot partye in Duitsland saam met die Christelik-Demokratiese Unie (CDU). Die SPD is die oudste politieke party in Duitsland. Sedert 2019 dien Saskia Esken en Norbert Walter-Borjans as die leiers van die party. Die SPD is 'n junior lid van die regerende koalisie saam met die CDU/CSU wat die eerste keer gestig is na die 2013-verkiesing en hernu is in 2017. Die SPD is 'n lid van 11 van die 16 Duitse staatsregerings en 'n toonaangewende vennoot in sewe.[1]