From Wikipedia, the free encyclopedia
Die smaragsiervaring (Asparagus densiflorus) is 'n veranderlike, immergroen, meerjarige plantspesie in die genus Asparagus wat nou verwant aan die eetbare aspersie (Asparagus officinalis) is. Dit is inheems aan Suider-Afrika van Mosambiek tot Suid-Afrika, maar word wyd gekweek.[1] Ten spyte van sy naam, is die smaragsiervaring nie 'n egte varing nie, daar hy hom nie in die klas Polypodiopsida bevind nie.
Smaragsiervaring | |
---|---|
Myersii, 'n variëteit van hierdie spesie wat gewild is in tuinbou | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eensaadlobbiges |
Orde: | Asparagales |
Familie: | Asparagaceae |
Subfamilie: | Asparagoideae |
Genus: | Asparagus |
Spesie: | A. densiflorus |
Binomiale naam | |
Asparagus densiflorus (Kunth) Jessop | |
Sinonieme[1] | |
|
A. densiflorus is deel van 'n groep soortgelyke en verwante Asparagus-spesies van Afrika, waaronder Asparagus aethiopicus ("Sprenger se asparagus"), Asparagus confertus en Asparagus krebsianus.[2]
Die spesie is voorheen met A. aethiopicus verwar,[3][4] dus verskyn inligting oor A. aethiopicus dikwels onder die naam van A. densiflorus.
A. densiflorus is nie teen ryp bestand nie, dus word dit in matige sones gewoonlik in 'n kweekhuis verbou. Verskeie kultivars is ontwikkel, waaronder die kompakte vorm Myersii wat die Royal Horticultural Society se Award of Garden Merit-prys toegeken is.[5] Sy digte 50 cm-lange pluime word veral in blommerangskikkings gebruik.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.