Slawiese draak
From Wikipedia, the free encyclopedia
In die Slawiese mitologie word ’n draak onder meer zmei (Russies en Bulgaars), zmi (Ou Kerkslawies en Oekraïens), zmaj (Serwies, Kroaties, Bosnies en Sloweens) en żmij (Pools) genoem. Die meeste van dié woorde is die manlike vorm van woorde vir slang, wat gewoonlik vroulik is (soos zmeja in Russies).