From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Slankveër (Parapriacanthus ransonneti) is 'n vis wat voorkom in die Indies-Pasifiese area en aan die ooskus van Afrika vanaf Oman tot by Koffiebaai. Dit kom nie in die Rooisee voor nie. In Engels staan die vis bekend as die Slender sweeper.
Slankveër | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Infrafilum: | |
Superklas: | |
Klas: | |
Subklas: | |
Infraklas: | |
Superorde: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Parapriacanthus |
Spesie: | P. ransonneti |
Binomiale naam | |
Parapriacanthus ransonneti Steindachner, 1870 | |
Die vis se lyf is 'n dowwe pienk of geelgroen en die pens en kante van die kop is silwergeel. Daar is 'n nou, donker ring rondom die stertvin se basis terwyl die stertvin se punte bruinerig is. Die vis word 10 cm lank.
Die vis kom voor in koraal- en rotsriwwe in water wat 4 – 50 m diep is. Die vis vorm groot skole wat in grotte of by rotsrifwande voorkom.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.