![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/a8/Kavallerie_Wk_I.jpg/640px-Kavallerie_Wk_I.jpg&w=640&q=50)
Slag van Sandfontein
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Slag van Sandfontein (Duits: Schlacht bei Sandfontein; Engels: Battle of Sandfontein) het op 26 September 1914 tydens die Eerste Wêreldoorlog in Suidwes-Afrika, tans Namibië, tussen die Duitse en Suid-Afrikaanse magte plaasgevind. Sandfontein is 'n heuwel ongeveer 28 km noord van die Oranjerivier, oos van die pad tussen Ramansdrift en Warmbad. Die heuwel is ongeveer 50 meter hoog en daar was drie fonteine by die heuwel. Die Suid-Afrikaners was deur luitenant-kolonel Grant aangevoer. Die Duitsers se bevelvoerder was kolonel Von Heydebreck.
Kitsfeite Datum, Ligging ...
Slag van Sandfontein | |||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Deel van die Suidwes-Afrika-veldtog | |||||||
![]() 'n Duitse sersant kort voor die slag van Sandfontein | |||||||
| |||||||
Strydende partye | |||||||
![]() |
![]() | ||||||
Bevelvoerders | |||||||
![]() |
![]() | ||||||
Sterkte | |||||||
1 700 man 16 kanonne |
237 man 2 kanonne | ||||||
Ongevalle | |||||||
14 dood en 25 gewond | 16 dood en 40 gewond |
Sluit