From Wikipedia, the free encyclopedia
Die skoorsteenveër (Threskiornis aethiopicus) is 'n groot voël (lengte 64–82 cm; massa 1,5 kg), wat wydverspreid in Afrika voorkom. In Engels staan die voël bekend as die African sacred ibis.
Skoorsteenveër | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Threskiornis |
Spesie: | T. aethiopicus |
Binomiale naam | |
Threskiornis aethiopicus (Latham, 1790) | |
verspreiding |
Die heilige voël van die Egiptenare, waar dit "die vader van die sekel" genoem is, omdat dit in duisende op landerye na oorstromings deur die Nylrivier voorgekom het en as 'n aanduiding van 'n goeie oesjaar beskou was. Waterinsekte, paddas, visse, sprinkane, ensovoorts is hulle kos. Die naam skoorsteenveër het hy gekry vanweë sy gewoonte om die binnegoed van dooie diere uit te skraap.
Die kop en nek is veerloos en swart van kleur. Die vlerke en rug is wit met 'n swart stert.
Damme, vleigebied, panne en moerasagtige areas. Hulle word ook op vullishope gevind, waar hulle aas na oorskietkos.
Skoorsteenveërs kom voor in Afrika suid van die Sahara, suid-Irak en (voorheen) in Egipte. Hulle is daarnaas ook eksoties ingevoer in Wes-Europa en Amerika.
Skoorsteenveërs maak nes in boomkolonies, gewoonlik met ander waadvoëls soos reiers. Hulle bou neste van stokke, soms in 'n kremetartboom, en lê 2 tot 3 eiers.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.