Sisigie
From Wikipedia, the free encyclopedia
Sisigie (van die antieke Griekse σύζυγος suzugos, "saamstaan")[2]) of samestand is in sterrekunde wanneer drie of meer hemelliggame in ’n swaartekragstelsel in min of meer ’n reguit lyn lê.[3] Die woord word meestal gebruik in verwysing na die Son, Aarde en die Maan of ’n ander planeet wanneer laasgenoemde in konjunksie of opposisie is. Sons- en maansverduisterings, asook oorgange en okkultasies, kom voor tydens sisigie. The term word dikwels gebruik wanneer die Son en Maan in konjunksie (donkermaan) of opposisie (volmaan) is.[4]