soorte bees ras From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Simmentaler of Switserse Fleckvieh is 'n Switsersgeteelde dubbeldoelbeesras. Dit is vernoem na die Simmental – die vallei van die Simmerivier – in Berner Oberland, in die kanton Bern in Switserland. Dit is rooierig van kleur met wit merke, en word gebruik vir beide melk en vleis.
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
As een van die ouer en wydverspreidste beesrasse in die wêreld, en aangeteken sedert die Middeleeue, het die Simmentalerras bygedra tot die skepping van 'n paar ander bekende Europese rasse, insluitende die Montbeliarde (Frankryk), die Pezzata Rossa d'Oropa (Italië), en die Fleckvieh (Duitsland en Oostenryk).
Namibië (1893) en Suid-Afrika (1905) was die eerste lande buite Europa waar die ras suksesvol gevestig is. Hier is die ras hoofsaaklik gebruik vir vleisproduksie. Tans is die telersgenootskap, so ver as wat dieregetalle betref, die vierde grootste van die 32 nie-melkkoeirasse in Suid-Afrika.
Die vernaamste redes vir hul gewildheid is
Die ras is ook bekend onder die volgende name:
Die Simmentaler is histories gebruik vir suiwel en vleis, en as trekosse. Hulle is veral bekend vir die vinnige groei van hul kalwers, indien voldoende voer verskaf word. Simmentalers groei vinniger en produseer meer melk as enige ander ras.[2]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.