Simfonie no. 5 in C-mineur, op. 67 (Beethoven)
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Vyfde Simfonie in C-mineur, Op. 67, ook bekend as die Simfonie van die Noodlot (Duits: Schicksalssinfonie), is 'n simfonie gekomponeer deur Ludwig van Beethoven tussen 1804 en 1808. Dit is een van die bekendste komposisies in klassieke musiek en een van die simfonieë wat die meeste gespeel word.[1] Dit word allerweë as een van die hoekstene van Westerse kunsmusiek beskou. Die werk is vir die eerste keer in 1808 in Wene se Theatre an der Wien uitgevoer, en het baie vinnig sy wonderlike reputasie verwerf. ETA Hoffmann het die simfonie as een van die belangrikste werke van die tyd beskryf. Soos tipies van simfonieë uit die Klassieke tydperk, het Beethoven se Vyfde Simfonie vier bewegings.
Simfonie in C-mineur | |
---|---|
No. 5 | |
deur Ludwig van Beethoven | |
Omslag van die simfonie, met die toewyding aan prins Joseph Franz von Lobkowitz en graaf Andrey Razumovsky | |
Toonaard | C-mineur |
Vorm | Simfonie |
Gekomponeer | 1804–1808 |
Toewyding |
|
Duur | Ongeveer 30–40 minute |
Bewegings | Vier |
Partituur | Orkes |
Première | |
Datum | 22 Desember 1808 |
Lokasie | Theater an der Wien, Wene |
Dirigent | Ludwig van Beethoven |
Dit begin met 'n kenmerkende viernoot-kort-kort-kort-lank-motief:
Die simfonie – en veral die viernootopeningsmotief – is wêreldwyd bekend, en die motief word gereeld in populêre musiek gebruik, van disco-weergawes tot rock-werke tot die gebruik daarvan in films en op televisie.
Soos Beethoven se Eroica en Pastorale simfonieë, het die Vyfde Simfonie ook 'n bynaam naas 'n nommer gekry, hoewel nie deur Beethoven self nie. In Germaanse lande staan dit as die "Schicksals-Sinfonie" (Afrikaans: noodlotsimfonie) bekend, en die bekende vyfmaattema staan as die "Schicksals-Motiv" (Afrikaans: noodlotmotief) genoem. Hierdie naam word ook in vertalings gebruik.