Die Silwerbos (Leucadendron uliginosum subsp. uliginosum) is 'n blomdraende struik en subspesie van Leucadendron uliginosum, wat tot die genus Leucadendron behoort en deel van die fynbos-bioom vorm. Die plant is endemies aan die Wes-Kaap, waar dit voorkom in die Outeniekwa- en Tsitsikammaberge vanaf Cloetespas tot by Plettenbergbaai.

Kitsfeite Bewaringstatus, Wetenskaplike klassifikasie ...
Silwerbos
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(geen rang):
(geen rang):
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
L. uliginosum
Subspesie:
L. u. subsp. uliginosum
Trinomiale naam
Leucadendron uliginosum subsp uliginosum
Sinonieme
  • Euryspermum uliginosum Knight
  • Protea concinna Salisb.
  • Protea saligna Thunb.
  • Protea uliginosa Kuntze
Sluit

Die struik word 2.3 m hoog en blom in November. Die plant vrek na 'n brand maar die sade oorleef. Die sade word in 'n tol op die vroulike plant geberg en val eers grond toe na 'n brand en word moontlik deur die wind versprei. Die plant is eenslagtig en daar is afsonderlike plante met manlike en vroulike blomme, wat deur klein insekte bestuif word. Die plant groei hoofsaaklik in klipperige sandsteen grond op hoogtes van 500 - 1 000 m.

In Engels staan dit as die Outeniqua conebush bekend. Die boom se FSA-nommer is 82.6[1]

Daar is ook 'n ander subspesie, Leucadendron uliginosum subsp. glabratum.

Sien ook

Verwysings

Bronne

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.