![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/1/14/Siberian_cat_-_Tofik.jpg/640px-Siberian_cat_-_Tofik.jpg&w=640&q=50)
Siberiese kat
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Siberiese kat (Russies: Сиби́рская ко́шка; Engels: Siberian) is ’n katras met halflang hare wat al eeue lank in Rusland voorkom.[1] Die kat se volle naam is die Siberiese boskat, maar word meestal net die Siberiese kat genoem.[1] Dit is ’n antieke ras wat nou beskou word as die voorouer van alle moderne langhaarkatte.[1] Die kat toon ooreenkomste met die Noorse boskat, waaraan dit waarskynlik nou verwant is.[1] Dit is ’n natuurlike ras en die nasionale kat van Siberië.