From Wikipedia, the free encyclopedia
Seyfert se Sekstet is ’n sterrestelselgroep sowat 190 miljoen ligjare van die Aarde af[1] in die sterrebeeld Slang. Dit lyk of die groep uit ses sterrestelsels bestaan, maar een is ’n agtergrondvoorwerp en nog ’n "stelsel" is eintlik deel van een van die ander sterrestelsels. Die swaartekrag-wisselwerking tussen hierdie stelsels behoort nog honderdmiljoene jare voort te duur. Eindelik sal hulle saamsmelt om een, reusagtige elliptiese sterrestelsel te vorm.
Seyfert se Sekstet | |
---|---|
Soort | Sterrestelselgroep |
Sterrebeeld | Slang |
Waarnemingsdata (Epog J2000) | |
Regte klimming | 15h 59m 11.9s |
Deklinasie | +20° 45′ 31″ |
Helderste stelsel | NGC 6027 |
Aantal stelsels | 4 |
Ander name | |
Serpens-sekstet, HCG 79, UGC 10116 VV 115, VII Zw 631 | |
Portaal Sterrekunde |
Die groep is deur Carl Keenan Seyfert ontdek op fotografiese plate wat by die Barnard-sterrewag van die Vanderbilt-universiteit in Tennessee, VSA, gemaak is. Toe die resultate in 1951 die eerste keer gepubliseer is, was dit die mees kompakte groep sterrestelsels wat nog waargeneem is.[2]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.