Sesjat
Egiptiese godin / From Wikipedia, the free encyclopedia
Sesjat (ook gespel Seshat, Safchet, Sesjata ens.) was in die Egiptiese mitologie die godin van wysheid, kennis en skrif. Sy is beskou as ’n skriba en boekhouer en die een wat skrif ontdek het. Sy is ook later verbind met landbou, sterrekunde, astrologie, bouwerk, wiskunde en landmeting. Dit is alles beroepe wat op haar talente staatmaak. In sommige laat tekste is sy Safech-Aoebi genoem.[1]
Kitsfeite
Sesjat | ||||||||
Sesjat, uitgebeeld in ’n tiervel, het die bewindsjare van die farao's op ’n palmtak aangeteken. | ||||||||
Soort godin | Egipties | |||||||
Godin van | Skrif en wysheid | |||||||
Naam in hiërogliewe | ||||||||
Simbool | Onbekende simbool met sewe punte | |||||||
Ouers | Ra (soms) | |||||||
Sibbes | Dalk Maät | |||||||
Metgesel | Thoth (soms) | |||||||
|
Sluit