From Wikipedia, the free encyclopedia
Serer is 'n Niger-Kongo-taal in Wes-Afrika wat deur sowat 1,9 miljoen mense gepraat word. Dit word deur die Serer-volk gepraat en is een van die belangrike tale in Senegal, naas die amptelike taal Frans. Serer is een van die nasionale tale van dié land.[2] Daarbenewens word Serer in die aangrensende lande Gambië en Mauritanië gepraat.
Serer Seereer, سࣹيرࣹيرْ | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Gambië Mauritanië Senegal | |
Gebied: | Wes-Afrika | |
Totale sprekers: | 1,9 miljoen[1] | |
Taalfamilie: | Niger-Kongo Atlanties-Kongo Senegambies Serer | |
Skrifstelsel: | Arabiese alfabet Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Senegal (nasionale taal) | |
Gereguleer deur: | CLAD (Centre de linguistique appliquée de Dakar) | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | srr | |
ISO 639-3: | srr | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Serer is die naaste verwant aan Fula en Wolof. Afhangende van die gebied word Serer met die Arabiese of die Latynse alfabet geskryf.