Seksisme
From Wikipedia, the free encyclopedia
Seksisme is vooroordeel of diskriminasie wat op 'n persoon se geslag of gender gebaseer is. Seksisme kan enigeen beïnvloed, maar dit raak veral vroue en meisies.[1] Dit is aan stereotipes en geslagsrolle gekoppel[2][3] en berus op die oortuiging dat een geslag intrinsiek beter as die ander is.[4] Uiterste seksisme sluit seksuele teistering, verkragting, en ander vorme van seksuele geweld in [5]. Geslagsdiskriminasie kan seksisme insluit, en is diskriminasie teenoor mense op grond van hul gender-identiteit[6] of geslagsverskille.[7] Geslagsdiskriminasie word veral in terme van werkplek-ongelykheid gedefinieer.