Seker
Egiptiese god / From Wikipedia, the free encyclopedia
Seker of Sokar was in die Egiptiese mitologie ’n valk-god van Memphis se dodeakker. Hoewel die betekenis van sy naam onseker is, verbind sekere Piramidetekste sy naam met die hartseer roep van Osiris in die onderwêreld na Isis: Sy-k-ri ("haas jou na my").[1] Hy word verbind met twee ander gode: Ptah, die hoofgod van Memphis, en Osiris, die god van die doderyk. In latere tydperke is hy soms Ptah-Seker-Osiris genoem.
Kitsfeite
Seker | |||||
Seker-Osiris. | |||||
Soort god | Egipties | ||||
Naam in hiërogliewe | |||||
Kultussentrum | Memphis | ||||
|
Sluit