Seeheim
From Wikipedia, the free encyclopedia
Seeheim is 'n klein dorpie in suidelike Namibië, in die distrik Keetmanshoop, streek Karas, 45 km suidwes van Keetmanshoop en 60 km oos van Goageb.
Kitsfeite Land, Streek ...
Seeheim | |
---|---|
Die Seeheim-hotel, afgeneem in 2012. | |
Koördinate: 26°49′14″S 17°48′7″O | |
Land | Namibië |
Streek | Karas |
Stigting | 1896 |
Bevolking | |
• Totaal | 20−30 |
Sluit
Seeheim is in 1896 gestig en het poskantoor-, opleidings- en vervoergeriewe. Dit 'n belangrike aansluiting op die spoorlyn na Lüderitz. Die naam is van Duitse oorsprong en beteken nagenoeg "meer-tuiste" met verwysing na die waterpoele by die samevloeiing van die Vis- en Skaaprivier.