Sednoïde
From Wikipedia, the free encyclopedia
’n Sednoïde of sednoïed is ’n trans-Neptunus-voorwerp (TNV} met ’n perihelium van groter as 50 AE en ’n halwe lengteas van groter as 150 AE.[1][2] Net drie voorwerpe van dié populasie is bekend: 90377 Sedna, 2012 VP113 en 2015 TG387, maar daar is vermoedelik baie meer. Al drie het ’n perihelium van groter as 64 AE.[3]
Hierdie voorwerpe lê anderkant ’n oënskynlik amper leë gaping in die Sonnestelsel wat by sowat 50 AE begin en het geen noemenswaardige wisselwerking met die planete nie. Sommige sterrekundiges soos Scott Sheppard[4] beskou sednoïdes as binneste Oortwolkvoorwerpe (OWV's), hoewel die binneste Oortwolk, of Hillswolk, oorspronklik geraam is op ’n afstand van verder as 2 000 AE, anderkant die afeliums van die drie bekende sednoïdes.