grensradius van 'n ronde voorwerp waar die ontsnappingsnelheid gelyk is aan die snelheid van lig From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Schwarzschild-radius (histories soms die swaartekragradius genoem) is die grensradius van ’n ronde voorwerp waar, as die hele massa van die voorwerp in daardie sfeer saamgepers word, die ontsnappingsnelheid vanaf die oppervlak van die voorwerp gelyk sal wees aan die snelheid van lig. ’n Voorbeeld van so ’n voorwerp is ’n swartkolk. Sodra ’n steroorblyfsel kleiner as sy radius saamgepers word, kan lig nie ontsnap nie en is die voorwerp nie meer sigbaar nie.[1]
Die Schwarzschild-radius is genoem na die Duitse sterrekundige Karl Schwarzschild, wat dit in 1915 uitgewerk het.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.