Satoshi Nakamoto
persoon of skuilnaam vir die persoon of groep wat Bitcoin ontwerp en ontwikkel het / From Wikipedia, the free encyclopedia
Satoshi Nakamoto is die skuilnaam wat gebruik word deur[1][2][3][4] ‘n persoon of persone wat Bitcoin ontwikkel het, die bitcoin-witskrif geskryf het, en bitcoin se oorspronklike verwysingsimplementering geskep en ontplooi het.[5] As deel van die implementering het Nakamoto ook die eerste blokkettingdatabasis ontwerp.[6] Nakamoto was aktief in die ontwikkeling van bitcoin tot Desember 2010.[7]
Daar is wydverspreide spekulasie oor Satoshi Nakamoto se ware identiteit, met verskeie mense wat as die persoon of persone agter die naam voorgehou word. Alhoewel Nakamoto se naam Japannees is, en hy het in 2012 gesê dat hy 'n man was wat in Japan woon,[8] het die meeste van die spekulasie sagteware- en kriptografie-kundiges in die Verenigde State of Europa betrek.