From Wikipedia, the free encyclopedia
Sarie Marais is 'n bekende lied deur J.P. Toerien, geskep tydens die Eerste Vryheidsoorlog (ca. 1880) of die Tweede Vryheidsoorlog (ca. 1900). Die melodie is 'n verwerking van 'n Engelstalige liedjie genaamd "Ellie Rhee" wat uit die Amerikaanse Burgeroorlog dateer. Dit is 'n baie bekende Afrikaanse volksliedjie en is al in ander tale vertaal. Dit verwys waarskynlik na 'n persoon wat werklik geleef het, Sarie Maré, maar weens 'n drukfout is die spelling "Sarie Marais" behou.
"Sarie Marais" | ||||
Toonsetting van Sarie Marais, uit die F.A.K.-volksangbundel vir Suid-Afrika. | ||||
Genre | Afrikaanse volksmusiek | |||
Woorde | J.P. Toerien (of Dirk van Alphen of Susters Bezuidenhout); vers 3: B.A. de Wet | |||
Melodie | Sep Winner | |||
Verwerking | Dirkie de Villiers | |||
Uitgereik | c. 1891 | |||
Oorsprong | ||||
Taal/land | Engels | |||
Titel | "Ellie Rhee" | |||
|
My Sarie Marais is so ver van my hart, Refrein
O bring my t'rug na die ou Transvaal, Ek was so bang Verlossing het gekom |
Die Afrikaanse vrouetydskrif Sarie het die liedjie se naam oorgeneem. Die tydskrif het aanvanklik Sarie Marais geheet, 'n naam wat ten tyde van die eerste uitgawe (1949) sinoniem was met die aansien en bemagtiging van die Afrikaanse vrou. Dit was ook een van die eerste Afrikaanse tydskrifte wat hom op die vrouemark toegespits het, met inhoud wat gestrek het van mode, dekor en skoonheid tot verhoudingsadvies en gesinsvoorligting.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.