From Wikipedia, the free encyclopedia
Sanaa (Arabies: صنعاء - ook gespel Sanaʽa of Sana) is die amptelike hoofstad en grootste stad van Jemen. Die stad het in 2004 'n bevolking van 1 747 627 gehad. Die historiese stadskern van Sanaa is in 1986 deur Unesco as 'n wêrelderfenisgebied gelys. Onder die Jemenitiese grondwet is Sanaa die hoofstad van die land[1], hoewel die setel van die internasionaal erkende regering na Aden verhuis het na die 21 September-rewolusie. Aden is in Maart 2015 deur president Abdrabbuh Mansur Hadi tot die tydelike hoofstad verklaar.[2]
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Jemen |
Provinsie | San‘a’ Governorate |
Koördinate | 15°24′N 44°12′O |
Gestig op | 6de Eeu v.C. |
Oppervlakte: | |
- Totaal | vk km |
Hoogte bo seevlak | |
Bevolking: | |
- Totaal (2004) | 1 747 627 |
- Bevolkingsdigtheid | /vk km |
- Metropolitaanse gebied | 2 167 961 |
Tydsone | UTC +03:00 |
Burgemeester | Ahmed Al-Douaid |
Die bevolkingsgroei van die stad het vanaf die 1960's verder gestyg as gevolg van massale landelike migrasie na die stad op soek na werk en 'n verbeterde lewenstandaard.[8] Sanaʽa was in 2010 die vinnigste groeiende hoofstad ter wêreld met 'n groeikoers van 7%[9], terwyl die groeikoers van die land as geheel 3,2% was.[10] Ongeveer 10% van die bevolking woon in die Ou Stad, terwyl die res in die buite distrikte woon.[8]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.