Salmaneser V
From Wikipedia, the free encyclopedia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Salmaneser V[nota 1] (wigskrif: , Akkadies: Salmānu-ašarēd,[2][3][4], van "Salmānu", "voorste"; Bybelse Hebreeus: ַׁלְמַנְאֶסֶר, Šalmanʾeser) was die koning van die Nieu-Assiriese Ryk van die dood van sy vader, Tiglat-Pileser III, in 727 v.C. tot met sy afsetting en sluipmoord in 722 v.C. Hoewel min uit kontemporêre bronne geleer kan word oor Salmaneser V se kort bewind, bly hy bekend vir die verowering van Samaria en die val van die Koninkryk Israel. Soms kry sy opvolger, Sargon II, egter die eer vir dié veldtog.
Salmaneser V | |
---|---|
Koning van Assirië | |
Moontlike uitbeelding van Salmaneser V in sy tyd as kroonprins,[1] van een van die reliëfs van sy vader, Tiglat-Pileser III. | |
Dinastie | Adasi |
Bewind | 727-722 v.C. |
Volle naam | Salmānu-ašarēd |
Ander titels |
|
Gesterf | 722 v.C. |
Voorganger | Tiglat-Pileser III |
Assur-dain-aplu | |
Opvolger | Sargon II |
Vader | Tiglat-Pileser III |
Moeder | Iaba |
Salmaneser V het baie veldtogte in die lande wes van die Assiriese hartland gevoer. Hy het nie net oorlog teen die Israeliete gevoer nie, maar ook teen die Fenisiese stadstate en koninkryke in Anatolië. Hoewel hy 'n paar gebiede geannekseer het, het sy veldtogte gewoonlik gelei tot 'n lang en uitgerekte beleg van verskeie jare; sommige was onopgelos met die tyd van sy dood.
Die omstandighede van sy afsetting en dood is nie duidelik nie, maar dit was waarskynlik gewelddadig, en dit is onwaarskynlik dat Sargon II sy wettige erfgenaam was. Sargon was dalk glad nie familie nie, en dan was Salmaneser V die laaste koning van die Adasi-dinastie, wat byna duisend jaar lank oor Assirië geheers het.
Salmaneser V is ook bekend onder die naam Ululayu (Akkadiese wigskrif: , Ulūlāyu),[5][2][3] wat beteken "hy wat gebore is in die maand Ulūlu").[3] Dit was sy geboortenaam, wat in sommige niekontemporêre bronne gebruik word.
Amptelike dokumente uit sy tyd verwys uitsluitlik na hom as Salmaneser, wat beteken dit is onwaarskynlik dat Ululayu sy amptelike troonnaam was.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.