Sowjet-ruimtestasie-program From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Saljoet-ruimteprogram (Салю́т; "Saluut" of "Vuurwerk") was die eerste ruimtestasie-program deur die Sowjetunie. Dit het bestaan uit ’n reeks van nege modules wat oor ’n tydperk van 11 jaar gelanseer is, van 1971 tot 1982. Dit is ontwerp as ’n projek om langtermyn-navorsing te doen oor die lewe in die ruimte, en die ondervinding wat met die projek opgedoen is, het die weg gebaan vir veeldelige ruimtestasies soos Mir en die Internasionale Ruimtestasie.
Saljoet het verskeie ruimterekords opgestel, soos die eerste oorhandiging van ’n ruimtestasie van een bemanning aan die volgende en verskeie ruimtewandelingsrekords. Teen die einde van die projek in 1991 het ruimtestasie-tegnologie ontwikkel van eenvoudige modelle tot komplekse buiteposte in die ruimte met wetenskaplike vermoëns wat vandag nog beïndruk.
Ruimte- stasie |
Gelanseer | Teruggekeer | Dae in ’n wentelbaan |
Dae beman |
Bemanning en besoekers |
Besoekende bemande tuie |
Besoekende onbemande tuie |
Massa (kg) |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Saljoet 1 | 19 April 1971 01:40:00 UTC |
11 Oktober 1971 | 175 | 24 | 3 | 2 | 0 | 18 500 |
DOS-2 | 29 Julie 1972 | 29 Julie 1972 | 0 | 0 | 0 | 0 | 0 | 18 000 |
Saljoet 2 | 4 April 1973 09:00:00 UTC |
28 Mei 1973 | 54 | 0 | 0 | 0 | 0 | 18 500 |
Kosmos 557 | 11 Mei 1973 00:20:00 UTC |
22 Mei 1973 | 11 | 0 | 0 | 0 | 0 | 19 400 |
Saljoet 3 | 25 Junie 1974 22:38:00 UTC |
24 Januarie 1975 | 213 | 15 | 2 | 1 | 0 | 18 500 |
Saljoet 4 | 26 Desember 1974 04:15:00 UTC |
3 Februarie 1977 | 770 | 92 | 4 | 2 | 1 | 18 500 |
Saljoet 5 | 22 Junie 1976 18:04:00 UTC |
8 Augustus 1977 | 412 | 67 | 4 | 2 | 0 | 19 000 |
Saljoet 6 | 29 September 1977 06:50:00 UTC |
29 Julie 1982 | 1 764 | 683 | 33 | 16 | 14 | 19 824 |
Saljoet 7 | 19 April 1982 19:45:00 UTC |
7 Februarie 1991 | 3 216 | 816 | 26 | 12 | 15 | 18 900 |
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.