Saint-Étienne
From Wikipedia, the free encyclopedia
Saint-Étienne (Frans: [sɛ̃t‿etjɛn]; Arpitaans: Sant-Etiève; Oksitaans: Sant Estève, [ˈsantesˈtɛβe]) is die prefektuur (hoofstad) van die Suid-Franse département Loire. Die stad lê suid-wes van Lyon in die Sentraal-Massief, aan die Furan-rivier en aan die voet van die Massif du Pilat (1 432 meter).
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Frankryk |
Région (gewes) | Auvergne-Rhône-Alpes |
Département | Loire |
Koördinate | 45°26′N 4°23′O |
Stigting | Voor 1258 |
Oppervlak: | |
- Totaal | 79,97 vk km |
Hoogte bo seevlak | 422–1 417 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2019) | 173 821 |
- Bevolkingsdigtheid | 2 200/vk km |
Tydsone | UTC +1 (MET) |
- Somertyd | UTC +2 (MEST) |
Burgemeester | Gaël Perdriau (LR) |
Amptelike webwerf | Saint-Étienne |
Die stad se naam is die Franse vorm van "Sint-Stefanus", en sy bewoners word derhalwe in Frans Stéphanois genoem.