Sagtevrugte is vrugte van bladwisselende bome. Dit sluit appels, pere, appelkose, perskes, nektariens, pruime en pruimedante, kersies, tafeldruiwe en gedroogde druiwe in, aldus die Suid-Afrikaanse sagtevrugtebedryfliggaam Hortgro.

Sagtevrugte kom voor in die beskutte valleie van die Wes-Kaap, in die Oos-Vrystaat, Limpopo, Noord-Kaap, Mpumalanga en Gauteng. In 2017 was daar 2 231 vrugteboere in die Suid-Afrikaanse sagtevrugtebedryf en hulle benut 79 912 hektaar. Die land is onder die top-10-lande wat betref die produksie van pere en onder die top-20-lande vir die produksie van appels, appelkose, perskes, nektariens en pruime in die wêreld.

Die verbouing van sagtevrugte is gekoppel aan die seisoene en boere sorg dat die vrugteboorde versorg en die beproeiingstelsels goed beplan word. Die bome moet in die winter gesnoei word en goeie snoeipraktyke lei tot vrugte van beter gehalte.

Soorte:

  • Appels en pere staan bekend as kernvrugte.
  • Pruim, perskes, appelkose en nektariens staan bekend as steenvrugte. Hulle word meestal gebruik in die inmaakbedryf en vir die verwerking tot droëvrugte.
  • Druiwe

Hortgro is Suid-Afrika se sagtevrugtebedryfsliggaam. Dit was al onder verskeie name bekend, onder meer tot in 2013 as die SA Sagtevrugte-Produsentetrust.[1] In 2008 het die verbouing van sagtevrugte werk aan meer as 100 000 mense (met meer as 400 000 afhanklikes) verskaf.[2]

Verwysings

Bibliografie

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.