From Wikipedia, the free encyclopedia
Sabees was ’n Oud-Suid-Arabiese taal wat tussen omstreeks 1000 v.C. en die 6de eeu n.C. deur die Sabeërs gepraat is. Dit is as ’n skryftaal gebruik deur ’n paar ander volke van antieke beskawings in Suid-Arabië.[1]
Sabees | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Jemen Oman Saoedi-Arabië | |
Gebied: | Arabiese Skiereiland | |
Totale sprekers: | Geen (uitgestorwe) | |
Taalfamilie: | Afro-Asiaties Semitiese tale Wes-Semitiese tale Suid-Semitiese tale Westelik Oud-Suid-Arabies Sabees | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: | ||
ISO 639-3: | xsa | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Sabees behoort tot die Suid-Arabiese Semitiese tak van die Afro-Asiatiese taalfamilie.[2] Dit word van ander lede van die Oud-Suid-Arabiese groep onderskei deur die gebruik van "h" vir die derde persoon en as ’n kousatiewe voorvoegsel; die ander tale gebruik almal "s1" in dié gevalle. Sabees word dus ’n "h"-taal genoem en die ander "s"-tale.[3]
Sabees is met die Suid-Arabiese alfabet geskryf en het, nes Hebreeus en Arabies, net konsonante gehad.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.