![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/d/df/Petersgrat_bei_Hof_Bayern.jpg/640px-Petersgrat_bei_Hof_Bayern.jpg&w=640&q=50)
Saale
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Saale, soms Sächsische Saale ("Saksiese Saale"), vroeër ook Thüringische Saale ("Thüringiese Saale") [1] of Vogtländische Saale genoem,[2] is 'n rivier in die Duitse deelstate Beiere, Thüringen en Sakse-Anhalt.
Kitsfeite
Saale | |
---|---|
![]() | |
Oorsprong | Saalebron naby Zell in die Fichtelgebirge-bergreeks, Beiere |
Monding | Elbe naby Barby |
Stroomgebied | Duitsland (deelstate Beiere, Thüringen en Sakse-Anhalt) |
Lengte | 413 km |
Oorspronghoogte | 728nbsp;m |
Mondinghoogte | 49,5 m |
Gemiddelde afloop | 115 m³/s |
Stroomgebiedopp. | 24 100 km² |
Die Saale in Duitsland |
Sluit
Met 'n lengte van 413 km is dit die tweede langste takrivier van die Elbe ná die Moldau en met 'n gemiddelde afloop van 115 m³/s saam met die Havel ook sy waterrykste takrivier ná die Moldau. Die Saale dreineer tussen sy bron en sy monding 'n gebied met 'n oppervlakte van 24 100 km².
Sedert 3 Oktober 1990 vorm die rivier tussen km 0,0 en 124,2 'n federale waterweg wat deur die Wasser- und Schifffahrtsamt Magdeburg (Federale Water- en Skeepvaartsadministrasie in Maagdenburg) geadministreer word.