From Wikipedia, the free encyclopedia
SKY-MAP.ORG (of WikiSky.org) is ’n wiki en interaktiewe ruimtekaart met meer as ’n miljard hemelliggame. Gebruikers kan die hele hemelruim sien en inzoem om streke in detail te sien. WikiSky sluit baie sterre, sterrestelsels en planete in, maar is nog in ’n ontwikkelingstadium. Gebruikers kan ook inligting oor verskillende sterre redigeer deur artikels te skryf, internetskakels by te voeg, foto's te laai of spesiale groepe vir ’n spesifieke taak te skep.
SKY-MAP.ORG | |
---|---|
Ander naam | WikiSky |
URL | http://www.sky-map.org/ |
Soort | Ruimtekaarte |
Kommersieel | Nee |
Veeltalig | Ja |
Status | Aktief |
Die gebruiker kan die lug óf in kaartmodus óf in SDSS-modus bestudeer. In albei modusse kan die naam en ’n kort beskrywing van die voorwerp gesien word deur die muis daaroor te beweeg. Dit kan gebruik word om na artikels, foto's en ander inligting te skakel. SKY-MAP.ORG het sy eie API sodat kodes geskryf kan word om toegang te kry tot kaarte, inligting en SDSS-data.
Sommige foto's van WikiSky, soos DSS2- en SDSS-foto's, is vir "niekommersiële gebruik".[1] Die DSS-dataregte behoort aan verskillende instellings.[2] SDSS-data is ook vir niekommersiële gebruik.[3] Foto's van die Hubble-ruimteteleskoop, Spitzer-ruimteteleskoop (infrarooi) of GALEX-ruimteteleskoop (ultraviolet) is in die openbare domein (Nasa, VSA-regering).
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.