Süleyman I
From Wikipedia, the free encyclopedia
Süleyman I (Ottomaanse Turks: سليمان, moderne Turks: I.Süleyman; 6 November 1494 – 5/6/7 September 1566), was van 1520 tot met sy dood in 1566 sultan van die Ottomaanse Ryk. Hy was die tiende sultan en die een wat die langste geregeer het (46 jaar).
Süleyman I | |
---|---|
Sultan van die Ottomaanse Ryk Kalief van Islam | |
Volle naam | Kanuni Sultan Süleyman Han |
Ottomaanse naam | سليمان |
Tydperk | 1520–1566 |
Stadium | Groei van die Ottomaanse Ryk |
Huis | Osman |
Voorganger | Selim I |
Opvolger | Selim II |
Toegra |
Hy was in die Weste bekend as Süleyman die Manjifieke[1] en in die Ooste as die Wetmaker (Turks: Kanuni) omdat hy die hele Ottomaanse regstelsel verander het. Hy het sy leërs persoonlik aangevoer om die Christelike vestings van Belgrado, Rhodos en die grootste deel van Hongarye te verower. Hy het groot dele van die Midde-Ooste ingepalm tydens sy konflik met die Perse, asook groot dele van Noord-Afrika tot by Algerië.
Die Ottomaanse Ryk het sy hoogtepunt as wêreldmag bereik gedurende sy heerskappy. Alhoewel die ryk nog uitgebrei het vir 'n eeu na sy dood, is dié periode gevolg deur 'n baie lang periode van agteruitgang.