From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Rössing-uraanmyn in Namibië is die oudste en een van die grootste oopgroefuraanmyne in die wêreld. Dit is geleë in die Namibwoestyn naby die dorp Arandis, 70 kilometer van die kusstad Swakopmund. Die ertsneerslae is in 1928 ontdek, en die Rössingmyn is in 1976 geopen. In 2005 het die myn 3 711 ton uraanoksied produseer, toe die vyfde grootste uraanmyn met 8 persent van wêreldwye produksie. Namibië is die wêreld se vierde grootste uitvoerder van uraan.[1]
Datum van stigting of ontstaan | 1976 |
---|---|
Land | Namibië |
Geografiese ligging | 22°29′3″S 15°2′56″E |
Produk of materiaal wat geproduseer word | uraan |
Amptelike webwerf | http://www.rossing.com/ |
In die apartheid-era, was die Rössing-uraanmyn 'n fokuspunt vir internasionale kritiek en protes deur anti-apartheid- en anti-kernenergiegroepe, hoofsaaklik in Europa.[2] Dit was gerapporteer dat Rössing se uraan herlei kan word na Iran, wie se regering 15% aandele in die myn besit via 'n Iranse buitelandse beleggingmaatskappy. Dit is ontken deur die mynbestuur wat beweer dat die aandeelhouding heeltemal passief is.[3][4]
Uraan is in die Namibwoestyn ontdek in 1928, maar eksplorasie het eers aan die einde van die 1950's begin. Rössing is die grootste van die drie uraanmyne in die Namib, die ander is Langer Heinrich bedryf deur Paladin, en Husab, onder Chinese eienaarskap. Die oopgroefmyn se produksiekapasiteit is 4 500 ton.[5]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.