Russiese misdadigertatoes
From Wikipedia, the free encyclopedia
Onder Sowjetmisdadigers van die 20ste eeu was daar ’n kultuur van tatoeëermerke om iemand se misdaadloopbaan aan te dui, asook sy rang in die Russiese misdaad- en tronkgemeenskap. Veral vir diegene in die Goelagstelsel van die Sowjet-era het die tatoes gedien om te onderskei tussen wie hoog aangeskryf was (’n "dief volgens die wet") en wie ’n politieke gevangene was.[1]
Die praktyk het in die 1930's toegeneem, in die 1950's ’n hoogtepunt bereik en in die 1970's en 1980's in gewildheid afgeneem.[1]