Rubjerg Knudevuurtoring
From Wikipedia, the free encyclopedia
Rubjerg Knudevuurtoring (Rubjerg Knude Fyr) is aan die kus van die Noordsee in Rubjerg geleë, in die Jutlandmunisipaliteit van Hjørring in Noord-Denemarke. Dit het op 27 Desember 1900 inwerking getree.[1] Die aanbou van die vuurtoring het in 1899 begin.
Die vuurtoring is bo-op Lønstrup Klint (Krans), 60 meter bo seespieël, opgerig. Tot 1908 is hy aangevuur deur gas wat van 'n nabygeleë gasfabriek afkomstig was. .[2]
Lopende sandduine en stranderosie is 'n ernstige probleem. Die kus erodeer teen gemiddeld 1,5 meter per jaar, wat die duidelikste opgemerk kan word by die nabygeleë Mårupkerk.[1] Toe die kerk in ongeveer 1250 gebou is, was dit 1 kilometer van die kus geleë,[3] maar is in 2008 gesloop om te voorkom dat die huis van gebed in die see sal stort.
Die vuurtoring het in 1 Augustus 1968 gesluit.[2][4] Vir 'n klompie jare is die geboue gebruik as 'n museum en koffiehuis ingespan, maar die lopende sand het oplaas veroorsaak dat dit in 2002 ontruim moes word.[2] Teen 2009 was die kleiner geboue erg onder die druk van die sand beskadig [4] en is later verwyder.