Romansch
From Wikipedia, the free encyclopedia
Romansch of Alperomaans is 'n versameling dialekte in die Switserse en Italiaanse Alpe wat behoort tot die Romaanse tale en meer spesifiek tot die Retoromaanse (ook: Raetoromaanse) taalgroep. Daar is drie groepe: Romansch van die Switserse kanton Groubunderland, die van die Dolomiete in Suid-Tirol (ook: Ladinies) en die van Frioelië (ook: Frioelies). Onderling is hierdie dialekte nouliks verstaanbaar en baie beskou hulle as aparte tale. Die artikel gaan uitsluitlik oor Retoromaans, die groep dialekte wat in die Oos-Switserse Kanton Groubunderland gebesig word.
Kitsfeite Romansch rumantsch/romontsch/rumauntsch, Amptelike status ...
Romansch rumantsch/romontsch/rumauntsch | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Switserland | |
Gebied: | Groubunderland | |
Totale sprekers: | 60 000[1] | |
Taalfamilie: | Indo-Europees Italies Romaans Wes-Romaans Galloromaans Retoromaans Romansch | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Switserland | |
Gereguleer deur: | geen | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | rm | |
ISO 639-2: | roh | |
ISO 639-3: | roh | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Sluit