![cover image](https://wikiwandv2-19431.kxcdn.com/_next/image?url=https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/thumb/a/a7/Phot-34a-05-fullres.jpg/640px-Phot-34a-05-fullres.jpg&w=640&q=50)
Robert se Kwartet
From Wikipedia, the free encyclopedia
Robert se Kwartet is ’n kompakte sterrestelselgroep sowat 160 miljoen ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Feniks. Dit bestaan uit vier uiteenlopende sterrestelsels wat besig is om te bots en saam te smelt. Die stelsels is NGC 87, NGC 88, NGC 89 en NGC 92, wat in die 1830's deur John Herschel ontdek is.
Robert se Kwartet | |
---|---|
![]() | |
Soort | Sterrestelselgroep |
Sterrebeeld | Feniks |
Waarnemingsdata (Epog J2000) | |
Regte klimming | 0h 21m 23.075s |
Deklinasie | -48° 37.75′ 39.5″ |
Helderste stelsel | NGC 92 |
Aantal stelsels | 4 |
Ander name | |
AM 0018-485 | |
Portaal ![]() |
Die kwartet is een van die beste voorbeelde van kompakte groepe sterrestelsels. Omdat sulke groepe vier tot agt sterrestelsels in ’n baie klein streek bevat, is hulle ideaal vir die bestudering van galaktiese wisselwerkings en die invloed wat dit het, veral op die vorming van nuwe sterre. Die groep het ’n totale skynbare magnitude van amper 13. Die helderste stelsel het ’n skynbare magnitude van sowat 14. Die vier stelsels lê almal in ’n sirkel met ’n radius van 1,6 boogminute (sowat 75 000 ligjare).