From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Rio Japurá (Spaans: Río Caquetá / Japurá) is een van die grootste sytakke van die Amasonerivier in Suid-Amerika en volgens afloop die derde grootste sytak van die wêreld na die Rio Madeira en die Rio Negro. Die rivier, met 'n lengte van 2 820 km, vloei deur Colombia en die Brasiliaanse deelstaat Amazonas.
Rio Japurá - Río Caquetá / Japurá | |
---|---|
Vegetasie aan die oewer van die Rio Japurá. | |
Die stroomgebied van die Rio Japurá. | |
Oorsprong | Andes oostelik van Pasto (Colombia) |
Monding | naby Tefé in die Amasonerivier, Amazonas, Brasilië |
Stroomgebied | Colombia en Brasilië (Amazonas) |
Lengte | 2 820 km (1 752 myl)[1] |
Gemiddelde afloop | 18 600 m³/s[2] |
Stroomgebiedopp. | 255 700 km² |
Die Río Caquetá ontspring in die ooste van Pasto in die Colombiaanse Andes net 10 km van die Río Magdalena se oorsprong. Aansluitend vloei die rivier in suidoostelike rigting deur die Amasone-bekken in die weste van Brasilië, waar die Rio Japurá in die Amasonerivier uitmond. Die boloop van die rivier word in Colombia Río Caquetá genoem.
Die grootste sytakke (stroomaf):[3]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.