From Wikipedia, the free encyclopedia
Richard E. Grant (gebore op 5 Mei 1957 as Richard Grant Esterhuysen)[1][2] is ’n Swazi-Engelse akteur.[3] Hy het sy rolprentdebuut gemaak as Withnail in die drama Withnail and I (1987). Ander fliekrolle sluit in Jack Seward in Bram Stoker's Dracula (1992) en Zander Rice in Logan (2017). Hy is vir ’n Oscar vir beste byspeler benoem vir sy rol as Jack Hock in Can You Ever Forgive Me? (2018). Op televisie het Grant verskyn in reekse soos Game of Thrones en Doctor Who.
Richard E. Grant | |
Grant in 2018. | |
Geboortenaam | Richard Grant Esterhuysen |
---|---|
Geboorte | 5 Mei 1957 Mbabane, Swaziland |
Nasionaliteit | Brits, Swazi |
Beroep(e) | Akteur |
Aktiewe jare | 1980-tans |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Grant is as Richard Grant Esterhuysen in Mbabane, Swaziland (nou eSwatini), gebore.[4][5][6] Hy het in Mbabane skoolgegaan en daarna Engels en drama aan die Universiteit van Kaapstad studeer. Hy het sy verhoognaam aangeneem nadat hy na Brittanje verhuis en by Equity geregistreer het.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.