Reuseboog
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Reuseboog is 'n enorme strultuur in die heelal wat in Junie 2021 ontdek is en 3,3 miljard ligjare lank is.[1] Die struktuur van sterrestelsels oorskry die perk van 1,2 miljard ligjare van die kosmologiese beginsel (dat op groot genoeg skale die heelal beskou kan word as dieselfde op alle plekke en in alle rigtings).
Die Reuseboog bestaan uit sterrestelsels, sterrestelselswerms, ruimtestof en gas. Dit is sowat 9,2 miljard ligjare van die Melkweg af geleë en strek oor 'n 15de van die radius van die sigbare heelal.[2] Dit is deur Alexia M. Lopez, 'n doktorale kandidaat in kosmologie aan die universiteit van Sentraal-Lancashire, ontdek van data wat met die Digitale Sloan-lugopname ingesamel is.[1][3]
As die Reuseboog in die naglug sigbaar was, sou dit 'n boog gevorm het so groot soos sowat 20 volmane, of 10 grade van die lug.[4]