Reggio Emilia
munisipaliteit in die Italiaanse / From Wikipedia, the free encyclopedia
Reggio Emilia (of Reggio nell'Emilia) is 'n stad in die Italiaanse streek Emilia-Romagna en hoofstad van die provinsie Reggio nell'Emilia. Die stad beskik oor 163.928 inwoners.
Reggio Emilia | |
---|---|
Comune di Reggio nell'Emilia | |
Piazza San Prospero in Reggio Emilia | |
Oppervlak | |
• Totaal | 231 km2 (89 vk. myl) |
Hoogte | 58 m (190 ft) |
Bevolking (31 Desember 2017)[1] | |
• Totaal | 171 944 |
Demoniem(e) | Reggiano |
Skakelkodes | 0522 |
Webwerf | Amptelike webwerf |
Die stad in die Povlakte is van Romeinse oorsprong. Dit is in 175 v.C. opgerig onder die naam Regium Lepidi, en is vernoem na die oprigter daarvan, Marcus Emilius Lepidus. Die naam Reggio was vir eeue lank in gebruik gewees tot die unifikasie van Italië, sonder toevoeging van nell'Emilia. Om verwarring te voorkom met die stad Reggio in Calabria is die stad hernoem na Reggio nell'Emilia.
Die historiese binnestad is oorwegend middeleeus. Die Piazza Camillo Prampolini is die hart van die stad; hier staan onder meer die domkerk en die Palazzo Comunale. Die Cispadaanse Republiek word in 1797 in die gebou uitgeroep. Daar is ook 'n vlag vir die nuwe republiek gekies: groen, wit en rooi, die huidige nasionale vlag van Italië. 'n Ander belangrike monument is die basiliek San Prospero met sy karakteristieke agthoekige toring. Die belangrikste weg is die historiese Via Emilia wat die stad van wes na oos deurkruis.
Die katedraal is eers in die 16de eeu voltooi.
Die frazione Sesso en Ville di Reggio Emilia maak deel uit van die munisipaliteit.