From Wikipedia, the free encyclopedia
Raskovnik (Serwies: Расковник) is ’n plant in die Serwiese en ander Slawiese mitologieë. Volgens Vuk Stefanovic Karadzic se woordeboek is dit:
Hoewel mense weet dat raskovnik bestaan, kan niemand wys hoe dit lyk nie.[2] Daar is verskeie maniere om dit te vind: Karadzic het aangeteken dat ’n handelaar in Zemun wat dit wou vind, ’n ou vrou in beenysters toegesluit het en haar snags na ’n veld laat loop het; as die ysters hulleself oopgesluit het, was dit ’n teken dat raskovnik daar groei.[2] ’n Ander metode het vereis dat ’n ystervark (soms ’n skilpad) in ’n boks toegesluit word. Die ma sou dan raskovnik vind en die boks daarmee oopsluit; maar ’n mens moes gou spring, want die ystervark sou die plant insluk sodra sy dit gebruik het.[2]
Daar is geglo dat skatte, veral dié van tsaar Radovan, so gesluit sou word dat net raskovnik dit sou kon oopsluit – daarom was skattejagters altyd op die uitkyk vir die plant.[2]
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.