Rajasthani (राजस्थानी, Rājasthānī) verwys na 'n groep Indo-Ariese tale en dialekte wat veral in die Indiese deelstaat Rajasthan en aangrensende gebiede van Haryana, Punjab, Gujarat en Madhya Pradesh in Indië gebesig word. In die Pakistanse provinsies Sindh en Punjab word ook Rajasthani gebesig.[2] Rajasthani word deur sowat 50 miljoen mense gebesig. Op watter wyse Rajasthani van Hindi verskil is omstrede, al is vir die erkenning van Rajasthani as 'n eie taal deur die Indiese regering gepleit. Rajasthani is nou verwant aan Marwari.

Kitsfeite Rajasthani राजस्थानी, Rājasthānī, Taalkodes ...
Rajasthani
राजस्थानी, Rājasthānī
Gepraat in: Vlag van Indië Indië 
Gebied: Suid-Asië
Totale sprekers: 50 miljoen[1]
Taalfamilie: Indo-Europees
 Indo-Irannees
  Indo-Aries
   Wes-Indo-Aries
    Rajasthani-Marwari
     Rajasthani 
Skrifstelsel: Devanagari
Taalkodes
ISO 639-1: geen
ISO 639-2: raj
ISO 639-3: onderskeidelik:
bgq  Bagri
gda  Gade Lohar
gju  Gujari
mki  Dhatki
mup  Malvi
wbr  Wagdi
hoj  Hadothi
lmn  Lambadi
lrk  Loarki
noe  Nimadi 
Thumb
Sluit

Rajasthani is al as 'n dialek van Hindi beskou. Reeds aan die begin van die 20ste eeu het taalkundiges dit as 'n taal op sy eie beskou. Later het taalkundiges saamgestem dat Rajasthani eintlik 'n groep dialekte is of selfs 'n groep geografies aangrensende en nou verwante tale, waardeur dit ook as 'n taalgroep beskou kan word.

Rajasthani het geen amptelike standaardisering ondergaan nie en word gekenmerk deur 'n dialekkontinuum wat byvoorbeeld die aangrensende Gujarati, Bhili en Hindi insluit. Die hoofddialek of taal Marwari is die mees gebesigte dialek of taal van Rajasthani.

Verwysings

Eksterne skakels

Wikiwand in your browser!

Seamless Wikipedia browsing. On steroids.

Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.

Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.