From Wikipedia, the free encyclopedia
’n RR Lyrae-ster is ’n periodieke veranderlike ster wat algemeen in bolvormige sterreswerms aangetref word. Dit word dikwels gebruik as ’n standaardmeetinstrument vir afstande in die ruimte. Dit is genoem na die prototipe van dié soort ster, die veranderlike ster RR Lyrae in die sterrebeeld Lier (Lyra).
RR Lyraes is pulserende sterre van spektraaltipe A (en soms F) met ’n massa van omtrent die helfte dié van die Son. Daar word geglo hulle het voorheen massa verloor en was oorspronklik sterre met dieselfde of effens kleiner massa as die Son, sowat 0,8 sonmassa.
Die pulse van RR Lyrae-sterre stem ooreen met dié van Cepheïede, maar die aard en geskiedenis van die twee soorte sterre verskil. In teenstelling met Cepheïede is RR Lyraes oud, klein en arm aan wat sterrekundiges metale noem. Hulle is baie algemener as Cepheïede, maar nie so helder nie. Die gemiddelde absolute magnitude van ’n RR Lyrae is 0,75, net 40 of 50 keer dié van die Son.[1] Hul pulsperiode is korter, gewoonlik minder as ’n dag en tot so kort as sewe uur.
Die verhouding tussen die pulsperiode en absolute magnitude van RR Lyraes maak hulle goeie meetinstrumente vir nabygeleë voorwerpe soos dié in die Melkweg. Hulle word algemeen gebruik in die bestudering van bolvormige sterreswerms en die chemiese eienskappe van ouer sterre.
Seamless Wikipedia browsing. On steroids.
Every time you click a link to Wikipedia, Wiktionary or Wikiquote in your browser's search results, it will show the modern Wikiwand interface.
Wikiwand extension is a five stars, simple, with minimum permission required to keep your browsing private, safe and transparent.